NG Gemeente Floridapark

 

Tuisblad   Nuusblad    Aktiwiteite    Kommisies / Aksies    Fotoblad    Humor    Jeug    Basaar    Voorblad

Kersliggies  50 Jaar Fees 2009

 

KOMMISIES / AKSIES

 

JEUGKOMMISSIE (Lees meer oor die jeug kliek hier.)

Geleentheidsaktiwiteite vir jongmense, kategese ens. is die sake waaraan hierdie kommissie aandag gee. Skakel vir Louis Lotter by 0823763950.

 

FONDSEKOMMISSIE

Indien u besondere belangstelling in of kennis van gemeente geldsake het, kan u gerus vir Johan Smit skakel by tel 672-3792.

 

BEPLANNNINGSKOMMISSIE

‘n Gemeente moet homself dikwels afvra waarheen hy op pad is. Wat is ons doel? Wil u saam dink en saam beplan? Skakel asb vir Ds Danie Louw by tel 672-4070.

 

SENDINGKOMMISSIE

Verskeie sendingprojekte in ons omgewing en in die buiteland word tans deur ons  ondersteun. Skakel gerus vir Ina Viljoen tel 672-5542 en sy sal u meer vertel van hoe u betrokke kan raak.

 

EIENDOMSKOMMISSIE

Ons gemeente het ‘n kerk, saal, kategeselokale en ‘n pastorie as eiendom. Hierdie geboue en die terrein waarop dit staan moet behoorlik in stand gehou en versorg word. As u prakties kan dink of doen moet u gerus vir Sybrand van Wyk bel by tel 672-1150.

 

EREDIENS EN MUSIEKKOMMISSIE

Op watter manier kan ons die erediens tot groter vreugde en seën vir ons gemeente maak? Watter soort musiek behoort ons in die erediens te hê en watter kerkliedere is vir ons gemeente die meeste geskik? As dit die terrein is waarin u belangstel of waarvan u kennis het, moet u asb vir Ds Danie Louw tel 672-4070.

 

ANDER GROEPE EN AKSIES

MAKSI-AKSIE

Die aksie fokus daarop om ons senior lidmate bymekaar te bring, gesellig te verkeer, op uitstappies te gaan en ook om te sien na gemeentelede wat aandag en besoeke nodig het. Die aksie vergader elke eerste Dinsdag van die maand. Skakel gerus vir Tiekie 082 540 3528 of Karin Smit 672-3792 vir meer besonderhede.

 

WERKKLAS VIR HUISWERKERS

Die werkklas is ‘n klas waar swart vroue van die omgewing geleer word om naaldwerk te doen en om klere te maak. Dit word elke Donderdag om 14:00 in die kerksaal aangebied en 30 vroue woon dit by. Baie welkom indien u met hierdie liefdesdiens wil kom Skakel Louise Williamson 674-4133

 

KERKKAFEE

Dit is ‘n kenmekaar-aksie waartydens daar twee keer ‘n maand baie gesellig saam tee gedrink en koek geniet word in die kerksaal, direk na die oggenddiens. Kom geniet die geleentheid en leer terselfdertyd die gemeente ken. Skakel 672-4070.

 

KERKKOOR

Die kerkkoor bestaan uit 40 lede, is aktief en baie geliefd in die gemeente. Onthou dat u nie ‘n musiekkenner hoef te wees om te kan aansluit nie en u hoef regtig nie musiek te kan lees nie Cora Gous, die koorleier, weet hoe om met gewillige stemme te toor. Die koor oefen elke Donderdag om 18:45. Musiekdirekteur 0114729051.

 

SELGROEPE

Die doel van ‘n selgroep is om as kleingroep in die gemeente vir mekaar waarlik broers en susters te wees. Hoe groter ‘n gemeente is, hoe meer onpersoonlik is hy en hoe minder kan ons werklik vir mekaar omgee en liefhê. Dit is wat ‘n seigroep wil doen. Indien u belangstel om op hierdie wyse geestelik te groei kan u gerus vir Ds Danie tel 672-4070 bel. Hy sal u help om by ‘n gepaste groep in te skakel.

 

BLOMME-KOMITEE

Die pragtige blomme wat u elke Sondag in die kerk sien is die werk van die dames wat op die Blomme-komitee dien. Dames wat belangstel om hierby in te skakel kan vir Marthie Goosen skakel by 672-7879. Die blomme in die voorportaal word deur Hanlie Botha 674-2486 behartig. Dit word hoofsaaklik met skenkings gedoen. Laat weet as u blomme en loof uit u tuin wil bydra.

 

VROUEDIENSAKSIE

Aan die stuur van die vrouewerksaamhede in ons gemeente staan Anette van Vuren tel 672-3290. Die verskillende aktiwiteite van die vroue strek oor ‘n wye veld en sluit talle aksies wat reeds genoem is in. Dink maar aan die komitee wat blomme in die kerk rangskik, die komitee wat help met tee skink by begrafnisse, die werklas wat vir huiswerkers gehou word, ens. Kom skakel gerus in.

 

GROETERS

“Welkom vandag in die erediens!” Dis wat u sal hoor op ‘n Sondagoggend of -aand wanneer u by die kerkdeur instap. Twee persone sal u verwelkom met ‘n handdruk en sal tot u diens wees. As u deel van hierdie groepie “verwelkommers” wil wees en by hierdie dienswerk betrokke wil raak kan u gerus vir Ds Danie bel.

 

GEBEDSAKSIE

Op ‘n Vrydag 12:00 en Sondag 07:30 kom 'n groep voorbidders in die kerk bymekaar. Ons bid vir ons gemeente, Sondag se eredienste, vir mense met besondere behoeftes, vir Sending en ander sake. Wil u nie kom saam bid nie?